Johanna Jonker
Johanna Jonker
Ongeveer so 4 1/2 jaar terug het ek geval en my regter knie seergemaak. Na ‘n paar dae wat ek glad nie kon loop nie, is ek dokter toe en is vloeistof van die knie afgetrek. Ek moes weer ‘n week gaan om vloeistof af te laat te trek. Omdat die pyn die heeltyd nog daar was en ek nie kon trappe klim nie, het ek besluit net Jesus kan my help. Twee weke gelde het Pastoor die uitnodiging gemaak vir genesing vir iemand wat pyn in die regter knie het en ek het vorentoe gegaan vir dit. Pastoor en Suster Lindie het gebid vir my knie en Jesus het my onmiddelik aangeraak en genees. Ek dank die Here vir Sy groot genade en liefde. Johanna Jonker.